Colinshouse het tans 21 kinders. Dit is kinders wat deur die staat van hul ouers weggeneem word en vir onbepaalde tydperke hier geplaas word, tot hul pleegsorg kan kry of weer vir ‘n toets tydperk by hul ouers geplaas word.
Ons reik ook een maal ‘n maand uit na Colins House. Dis so ‘n groot seën om met hulle te deel uit God se Woord. Om vir hulle Hoop te gee in n hopelose wêreld.
Daar word ook weekliks ekstra klassies in Afrikaans en Wiskunde vir hulle aangebied.