Ons kinderhuise is vir ons baie na aan die hart.
Deur die Here se genade en wysheid het ons aan die begin van 2021 Colins House hier in Benoni begin ondersteun.
Fondse, binne die tehuis, is maar skaars om nodige goedjies vir die kinders te gee.
Die Here het so vir ons voorsien en vir ons ‘n oop deur na die huise gegee.
Ons weet watse groot verantwoordelikheid ons het om al hierdie kinders in God se waarheid te lei. Daarom is ons so dankbaar vir toegewyde kinders van die Here wat hul hande uitsteek, na die werk, op watter manier ookal.
Ons kan werklik net getuig van God se seën en Sy voorsiening in elke opsig.
Vanaf September 2022 begin ons ook Abraham Kriel Bermuda ondersteun.