Welkom by ons bybelstudie blad

Alle bybelstudies word op hierdie blad gepubliseer.

Bybelstudies is onder spesifieke temas gegroepeer en elk het ‘n skakel na sy eie blad.

Elke bybelstudie word in ‘n ‘MP3’ formaat gestoor en kan dan ook afgelaai word in dieselfde formaat. 

Druk gerus op die aflaai knoppie langs ‘n snit om sodoende die klankbaan af te laai.Ons hoop dat hierdie bybelstudies vir u ‘n seën sal wees maar ook dat dit sal bydrae tot u geestelike groei. 

Bybelstudie Reeks
1. Die noodsaaklikheid van Wedergeboorte
2. Die pad van geestelike groei
Gaan na Bybelstudie
53 Belangrike gedeeltes in die Bybel vir die kind van God
53 Belangrike verse word opgedeel in verskillende dele. Deel 1 - God se Woord. Deel 2 - Om God te ken. Deel 3 - God se Soewereiniteit. Deel 4 - Die Kruiswerk van Jesus. Deel 5 - Die verantwoordelikheid van die mens as dit kom by sy saligheid. Deel 6 - Ons ontvang baie meer as wat ons kan! Deel 7 - Gered en geroep om heilig te wees!
Gaan na Bybelstudie
Kan ek seker wees?
'n Basiese bybelstudie om te help met die belangrikste saak in hierdie lewe! Opgedeel in 8 afdelings. 1 - Kan 'n mens seker wees? 2 - Gered uit genade. 3 - Vertrou in die Here. 4 - Hoe om reg te lewew. 5 - Luister na die Here. 6 - Praat met die Here. 7 - Vergader met God se mense. 8 - Praat met die wêreld.
Gaan na Bybelstudie
Dissipelskap
'n Bybelstudie rondom Dissipelskap. Daar word gekyk na Wie is ek?, verskillende verhoudinge onder andere die rol van die man, die rol van die vrou, raad vir 'n gesonde huwelik en ook bybelse voorskrifte vir kinders.
Gaan na Bybelstudie
Weerstaan die duiwel
'n Bybelstudie rondom Weerstaan die duiwel. Hierdie bybelstudie het ook 'n dokumnet wat saam deurgewerk kan word. Dit is beskikbaar op die bybelstudie blad.
Gaan na Bybelstudie
Die Bergpredikasie
Die Bergpredikasie is in Mattheus 5, 6 en 7 opgeteken. Hierdie bybelstudie handel in diepte oor die bergpredikasie. Mattheus 5 : 1,2 "EN toe Hy die skare sien, het Hy op die berg geklim; en nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom gekom; en Hy het sy mond geopen en hulle geleer en gesê: "
Gaan na Bybelstudie
Korter Bybelstudies
Verskeie kort bybelstudies word onder die afdeling geplaas. Onder andere word daar gekyk na die volgende: Gebed en die gelowige, Redding, Evangelisasie en die gelowige, Die Heilige Gees, Gehoorsaamheid, Die kerk - deelgenootskap en aanbidding, Genade Gawes, God se wil en leiding, Inleiding tot die Bybel, Hoe om die Bybel te ken, Verskillende name en titels van Christus, God - Sy karakter en attributes, Christus en die werk van Christus.
Gaan na Bybelstudie